Bonaventura Francesco Cavalieri | |
Gebore | 1598 Milaan, Hertogdom van Milaan |
---|---|
Oorlede | 30 November 1647 Bologna, Kerklike Staat |
Blyplek | Bologna |
Vakgebied | Wiskunde, Sterrekunde |
Instelling(s) | Universiteit van Bologna |
Alma mater | Universiteit van Pisa |
Bekend vir | Onverdeelbare metode |
Bonaventura Francesco Cavalieri (Latyns, Cavalerius) (1598 - 30 November 1647) was 'n Italiaanse wiskundige wat bekendheid verwerf het vir Cavalieri se beginsel wat stel dat die volume van twee voorwerpe gelyk is as die oppervlak van hulle ooreenstemmende deursneë in alle gevalle gelyk is. Twee deursneë stem ooreen as hulle interseksies is van die liggaam met die vlakke ewe ver van 'n gekose vlak. Die beginsel is oorspronklik deur die 3de eeuse Sjinese wiskundige Liu Hui opgeteken in sy kommentaar op Die Nege Hoofstukke oor die Wiskundige Kuns.[1] Cavalieri het 'n "metode van die ondeelbares" gehad, wat hy gebruik het om oppervlaktes en volumes te bepaal. Dit was 'n beduidende stap op die pad na moderne infinitesimale analise. [2]